Waarde van Lees

Waarde van Lees
meta

Waarde van Lees

Kinderboeke

Van die mees kosbare boustene in ’n ouer-kind-verhouding (en later ook van die mooiste herinneringe) is storietyd.

Om kinders van ’n jong ouderdom af aan boeke bloot te stel en vir hulle stories voor te lees, leer hulle nie net die waarde van boeke nie, maar dit is ook meer voordelig as televisiekyk vir hul breinontwikkelling, woordeskat en ander taal en kommunikasievaardighede.

Om saam met jou kinders te lees, help hulle om boeke as ’n aangename tydverdryf te sien, eerder as “huiswerk” of ’n plig. Herhaling van woorde en begrippe ontwikkel hulle geheue sonder dat hulle dit agterkom en die illustrasies dra by om hulle verbeeldings vlerke te gee.

Selfs oudioboeke is beter as televisie, want behalwe om self in sy verbeelding kleur aan die storie te verleen, moet die kind luister en verstaan om die storie te volg, wat sy begrip verbeter.

Fantasi Boeke se Avonture op die Plaas-reeks is perfek vir hierdie doel. Die stories is eenvoudig maar opwindend en kort genoeg om die kind se aandag deurentyd te behou. Die lettertipe in die gedrukte boeke in die reeks is spesifiek gekies om kinders te help met woord en letterherkenning. Vele studies het al bewys dat kinders wat van voorskool af aan lees blootgestel word, ook geneig is om oor die algemeen beter te doen in alle fasette van formele onderrig.

In elke boek lê ’n wonderwêreld van woorde opgesluit en om dié wêrelde saam te verken, is ’n betowerende avontuur. Klein Grillie Spinnekop is een van Fantasi Boeke se topverkoper reekse en is ideaal vir storietyd. Die boekies bevat almal ’n waardevolle les sonder om afgesaag te wees en die illustrasies is mooi genoeg om geraam te word!

Nog ’n gunstelingreeks onder ons lesers is Geliefde Sprokies. Ses bekende sprokies kry nuwe lewe in hierdie sagtebandboeke. Die stories is ook in ’n bundel saamgevoeg en as ’n oudioboek opgeneem – perfek vir koue wintersaande onder snoesige komberse …

Die beste manier om ’n lang dag af te sluit is immers tussen jou hartsmense – fiktief of nie!

Bronne:

https://www.earlymoments.com/promoting-literacy-and-a-love-of-reading/why-reading-to-children-is-important/

LiG-tydskrif, April 2014: “Kinderboeke: Help só kies, Mamma!” (Wendy Maartens)

Foto deur Pressfoto